Namibië het genoeg slangteengif March 6, 2025

Suid-Afrika ervaar tans ‘n tekort aan slangteengif. Blykbaar is die kwessie al in 2022 bespreek en die tekorte was toegeskryf aan beurtkrag en opgraderings by die Suid-Afrikaanse Entstofprodusente se fasiliteite. Namibiërs het egter geen rede tot kommer nie, aangesien teengif, Premium Serums, uit Indië ingevoer word. Dit is volgens die plaaslike slangkenner, Francois Theart, wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het.