Lesotho is geskok oor Trump se ‘belediging’March 6, 2025

Lesotho se minister van buitelandse sake sê hy is geskok en beledig deur die Amerikaanse president Donald Trump wat sê niemand het van die Afrika-land gehoor nie, en het hom genooi om te kom kuier. Trump het Lesotho Dinsdagaand in sy toespraak aan die Amerikaanse kongres genoem en gevra hoekom 8 miljoen Amerikaanse dollar om LGBT-regte in Lesotho beskerm, toegelaat word. Hy het toe gesê niemand het ooit van die land gehoor nie. Minister Lejone Mpotjoane, het gesê die opmerking is beledigend en hy is geskok dat Trump so na die land verwys het.