Klagtes oor Trump-tariewe by WTOMarch 6, 2025

Kanada het ‘n klagte by die Wêreldhandelsorganisasie teen Amerika ingedien oor president Donald Trump se dramatiese tariefverhogings. ‘n Beampte van die organisasie het aan AFP bevestig dat Kanada die geskil gister teen die addisionele tariewe teen Amerika ingestel het, nadat ‘n soortgelyke klagte deur Beijing ingedien is oor die nuwe tariewe op Chinese goedere. Kort nadat Trump weer president geword het, het hy ‘n algemene 25-persent tariefverhoging op invoere van groot handelsvennote, Kanada en Meksiko aangekondig en hulle beskuldig dat hulle nie onwettige immigrasie en dwelmhandel stuit nie.