Kenner sê oor Europese leiers se mag oor die Oekraïnse konflikMarch 6, 2025

Frankryk se president Emmanuel Macron waarsku dat Russiese aggressie geen grense het nie en ʼn regstreekse bedreiging inhou vir die hele Europa. Macron sê Europa moet gereedmaak om Oekraïne onder Donald Trump se administrasie alleen en sonder Amerikaanse hulp te verdedig. Hy het herhaal dat hy gewillig is om Franse soldate as moontlike vredesmag na Kiëf te stuur indien ʼn skietstilstand bereik word. ‘n Kenner in geopolitiek en voormalige Franse diplomaat Francois-Joseph Schichan, sê daar is talle rolspelers rondom president Donald Trump wat Amerikaanse buitelandse beleid beïnvloed en dus is dit uit Europese leiers se hande.