Ekonoom reageer op NamPower wat 17,44% vraMarch 6, 2025
Die Elektrisiteitsbeheerraad het begin met openbare konsultasies oor NamPower se aansoek vir ‘n verhoging van 17,44 persent in grootmaat-tariewe vir die huidige boekjaar. NamPower het verlede jaar gevra vir ‘n 14,59 persent verhoging en 8 persent is toegestaan. Die volgende openbare vergadering is môre op Otjiwarongo in die streeksraad se saal. Kosmos 94.1 Nuus het die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, gevra wat die impak van so ‘n groot verhoging op verbruikers sal wees.