Zelensky sê Oekraïne is reg vir onderhandelingeMarch 5, 2025

Oekraïne se president Volodymyr Zelensky sê sy ontmoeting met Amerika se president Donald Trump verlede week in die Oval Office het verkeerd verloop en beskryf die gesprek as betreurenswaardig. Amerika het militêre hulp aan Kiëf gestaak. Zelensky sê in ʼn plasing op X Oekraïne is gereed vir onderhandelinge om blywende vrede te bewerkstellig. Hy sê die eerste fases van ʼn vredesooreenkoms kan insluit die vrylating van gevangenes, ʼn verbod op die bombardering van energie- en ander burgerlike infrastruktuur, en ʼn skietstilstand ter see indien Rusland dieselfde doen.