Windhoekers mis weer waterbesparingsteikenMarch 5, 2025

Die Stad Windhoek se statistieke wys dat inwoners weer nie die 15 persent waterbesparingsteiken gehaal het nie. ‘n Besparing van 4 persent is aangeteken, maar die stad is nog steeds in ‘n kategorie D droogte-scenario, omdat die sentrale damme ver van vol is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Taimi Haihambo van die Stad se openbare betrekkinge afdeling.