Trump sing sy lofliedere toe tydens Kongres-toespraakMarch 5, 2025

Amerikaanse president Donald Trump het die Kongres toegespreek in ‘n uiters lang toespraak wat meer as twee ure geduur het. Hy het sy talle bevele van die afgelope ses weke uitgelig wat immigrasie, misdaad, tariewe en meer insluit. Hy het melding gemaak van sy beleid dat kinders nie meer enige geslagsbehandelings mag ontvang nie.

Maar, toe hy gepraat het oor voordele vir Amerikaanse boere met tariewe wat op 2 April in werking tree, het hy amper-amper gesê hulle produkte sal beter in die tuismark verkoop omdat die ingevoerde produkte te duur sal wees. Luister self.