Proteas jaag reuse-teiken in Kampioenetrofee-halfeindstrydMarch 5, 2025
Krieket: Die Proteas jaag ‘n reuse-wenteiken van 363 in hulle Kampioenetrofee-halfeindstryd teen Nieu-Seeland in Lahore, Pakistan. Die Swartpette het gekies om eerste te kolf en Rachin Ravindra en Kane Williamson het hulle beurt geanker met honderdtalle. Die gewoonlik ekonomiese Marco Jansen is veral gestraf en het 79 lopies afgestaan in sy tien boulbeurte, terwyl Lungi Ngidi drie paaltjies geneem het en Kagiso Rabada twee. Nieu-Seeland het geëindig op 362 vir ses. Vandag se wenner speel Sondag teen Indië in die eindstryd in Dubai.