LeBron James maak weer geskiedenisMarch 5, 2025
Basketbal: Los Angeles Lakers se voorspeler, LeBron James, het die eerste speler in die geskiedenis van die NBA geword om 50 000 loopbaanpunte aan te teken in die gereelde seisoen en uitspeelwedstryde. Die 40-jarige het dié prestasie behaal in sy span se oorwinning oor New Orleans Pelicans voor sy tuisskare in die Crypto.com-stadion in Kalifornië. James, wat ook die NBA se grootste puntemaker ooit is, sê dis baie spesiaal om die mylpaal te bereik.