IPPR ontleed Swapo se kernkrag-planneMarch 5, 2025
In sy kwartaallikse ekonomiese verslag vir die vierde kwartaal van 2024 sê die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing dit is verstaanbaar dat Namibiese politici uraanproduksie met kernkrag verbind maar voeg by die realiteit is dat uraan feitlik geen rol speel in die ontwikkeling van die tegnologie en vaardighede wat nodig is om kernkrag op te wek nie. Daardie proses word reeds oorheers deur groot wêreldmoondhede en dit is onwaarskynlik dat Namibië die hulpbronne kan toewy aan wat benodig word. Die instituut sê verder daar kan egter voordele wees om die tegniese kapasiteit te ontwikkel sodat die land in ‘n posisie is om die vinnig bewegende ontwikkelings in die globale klein modulêre reaktor-industrie te evalueer sodat wanneer die tyd kom, kan Namibië in ‘n posisie wees om te besluit of hy die tegnologie sal benut en van watter verskaffer.