Geen sekuriteitsrisiko vir PSG-Liverpool wedstryd nie March 5, 2025
Die Franse polisie sê vandag se Kampioeneligawedstryd tussen Liverpool en Paris Saint-Germain word nie as ‘n hoë sekerheidsrisiko geag nie. Die eerste kragmeting in die ronde van 16 op die Parc des Princes is die eerste keer dat Liverpool na Parys terugkeer sedert 2022 se Kampioeneliga-eindstryd teen Real Madrid op die Stade de France in chaos gedompel is. Daardie wedstryd is met ‘n halfuur vertraag omdat ondersteuners gesukkel het om die stadion binne te gaan. Sowat 2 000 ondersteuners van Liverpool gaan vandag se wedstryd bywoon.