Die ombud moet kan afdwing, nie net advies gee nieMarch 5, 2025

Die Kantoor van die Ombudsman-wetsontwerp is vroeër deur justisieminister Yvonne Dausab in die parlement ter tafel gelê. Die doel is om die kantoor onafhanklik van die justisieministerie te maak en die ombudsman groter outonomie te gee. Die wetsontwerp word nou bespreek na die parlement sy werksaamhede hervat het. Die PDM-parlementslid Inna Hengari het haar mening gelug.