Wêreld se grootste ysberg sit naby Suid-Georgië vas
Die wêreld se grootste ysberg, A23A, het in vlak waters naby die afgeleë Britse eiland Suid-Georgië vasgespoel. Die eiland in die suidelike Atlantiese Oseaan is die tuiste van miljoene pikkewyne en robbe. Die ysberg, wat sowat 3 234 vierkante kilometer groot is, behoort te begin opbreek. Groot stukke ys kan gevaarlik wees vir vissersbote en pikkewyne se voedselbronne. Wetenskaplikes sê egter groot hoeveelhede voedingstowwe sit in die ys vas, wat as dit smelt ‘n ontploffing van lewe veroorsaak.