Visserye-ministerie weerlê onwettige visvang-bewerings
Berigte het in plaaslike media verskyn dat onwettige visvang verlede week by die Kunene-riviermond plaasgevind het en dat vaartuie van China en Angola betrokke was. Getuies het glo gesê dat die onwettige visvang voortgegaan het hoewel ‘n Namibiese vlootskip in die gebied was. Die adjunkminister van visserye, Sylvia Makgone, het in die Nasionale Vergadering gesê ‘n ondersoek is gelas wat die bewerings weerlê het.