Twee dood na motor in Duitsland in skare injaag

Twee mense is dood nadat ‘n motor in ‘n skare in die Duitse stad Mannheim ingery het. Volgens die ondersoekbeamptes is vyf mense ernstig beseer en nog vyf het ligte beserings opgedoen. ‘n 40-jarige Duitse man is in hegtenis geneem en daar is sover geen bewyse dat iemand anders betrokke was nie. Duitse binnelandse sake-minister Thomas Strobl sê daar is geen aanduiding dat die verdagte ‘n ekstremistiese of godsdienstige agtergrond gehad het nie, maar die ondersoek duur voort.