TransNamib verduidelik sy lokomotief-planne

Die Tender Bulletin berig dat TransNamib nog geen openbare tenders uitgereik het om 23 nuwe lokomotiewe te bekom nie, na die entiteit ‘n lening van 2,6 miljard Namibiese dollar daarvoor gekry het. Aan die begin van die jaar het Transnamib in ‘n verklaring gesê dat hulle ‘n betroubare verskaffer van lokomotiewe het, naamlik General Electric Wabtec. TransNamib se uitvoerende hoof, Desmond van Jaarsveld, het by ‘n persinligtingsessie hulle planne uiteengesit.