Seestroom verlangsaam, ys in Antarktika sal vinniger smelt

Wetenskaplikes waarsku dat die wêreld se sterkste seestroom, die Antarktiese Ringstroom, vloei stadiger weens klimaatsverandering. Die Antarktiese Ringstroom wat kloksgewys vloei, is vier keer sterker as die Golfstroom en verbind die Atlantiese, Stille en Indiese Oseaan. Volgens ʼn Australies-geleide studie kan die seestroom teen 2050 20-persent stadiger vloei, wat ys in Antarktika vinniger laat smelt en seevlakke laat styg. Die medeskrywer, Taimoor Sohail, sê gesamentlike pogings om aardverwarming te beperk, sal ys in Antarktika stadiger laat smelt en keer dat die stroom stadiger vloei.