Oostelike damme lyk nog bedroef
Die sentrale damme het water ingeneem. In sy jongste bulletin sê NamWater Swakoppoort staan tans op amper 35 persent na 870 000 kubiek ingeneem is. Von Bach het 686 000 kubiek gevat en is tans 28,7 persent vol met Omatako wat 1,6 miljoen kubiek ontvang het en tans op 28,5 persent is. In die ooste is dinge nog bedroef met Otjvero op 2,9 persent en die slikdam op 2,2 persent. Bronne vir die gebied is tans op 2,6 persent. Hardap is 22,5 persent vol en amper 2 miljoen kubiek is in die afgelope week gebruik. Neckartal is amper 81 persent vol met 1,8 miljoen kubiek wat uitgepomp is vir boere onder die damwal. Naute by Keemanshoop is 33,3 persent vol en Oanob by Rehoboth is op 33,1 persent.