Murray gaan Djokovic weer in Amerika afrig
Tennis: Andy Murray het hom by nog ‘n voomalige wêreld-nommer-een, Novak Djokovic in Amerika aangesluit om die Serwiër te help met sy voorbereiding vir die Indian Wells Ope. Die afgetrede Brit was ook in Djokovic se losie tydens die Australiese Ope in Januarie toe hy tydens die halfeindstryd beseer is. Sy enigste wedstryd sedertdien was in die Katar Ope in Doha toe hy in die eerste ronde uitgeskakel is. Djokovic beplan om vir die eerste keer sedert 2019 aan die Sunshine Double – die Indian Wells en die Miami Ope – deel te neem.