Moenie deur vol riviere probeer ry nie!

Kitsvloede het nog ‘n bestuurder se lewe geëis wat probeer het om die vinnig-vloeiende Arebbusch-rivier in Tauben Glen met sy bakkie oor te steek. Volgens die NBC is die voertuig en die man se liggaam later naby die Gammams-diensstasie in Khomasdal gevind. Lydia Amutenya, Stad Windhoek se hoof van korporatiewe kommunikasie, het aan die nasionale uitsaaier gesê dat kitsvloede meer as 300 mense beïnvloed het, met 11 huise in Otjimuise en Havana wat heeltemal weggespoel het. Amutenya rig ‘n ernstige waarskuwing