Lynministerie verduidelik die verhoging in brandstofpryse
Nadat die brandstofprysverhoging en die verhoging van 30 sent per liter in die handelaarsmarge aangekondig is, het verskillende openbare figure op sosiale media kommer uitgespreek. Een van hulle was landbouminister Calle Schlettwein, wat vra of dit nou energieministerie-beleid is dat die ministerie en voertuig-eienaars vir diensstasie-eienaars moet subsidieer om die minimum loon te betaal. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abednego Ekandjo, petroleum-ekonoom by die energieministerie, wat verduidelik.