LP’s hervat met twee weke oorMarch 4, 2025

Die laaste sitting van die sewende parlement kan nou voortgaan na stigterspresident Sam Nujoma se begrafnis. Daar is nie baie tyd oor voor die sewende parlement op 19 Maart ontbind word nie, en parlementslede het baie onafgehandelde werk om in te haal. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sakeus Kadhikwa, die Nasionale Vergadering se senior skakelbeampte, wat sê parlementslede hervat vanmiddag hulle werk.