Kaapstad slaggereed vir 47ste Kaapstadse fietstoer
Fietsry: Die Stad Kaapstad sê hy is slaggereed vir die 47ste Kaapstadse fietstoer – die wêreld se grootste fiets-tydren. Sowat 30 000 fietsryers sal Sondag een van drie roetes aanpak, insluitend die tradisionele roete van 109-kilometer vanaf die Parade reg rondom die Kaapse Skiereiland. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê die vroue-uitnodigingswedren van 78-kilometer en die seuns onder 17 se wedren sal in Vishoek wegspring en in Groenpunt eindig.