Aussie-man wat 2,4 miljoen babas gered het, sterf op 88
Een van die wêreld se gereeldste bloedskenkers het gesterf. Sy plasma het die lewens van meer as 2,4 miljoen babas gered. Die 88-jarige James Harrison, wat bekendgestaan het as die man met die goue arm, is in sy slaap dood. Harrison se bloed het ‘n seldsame teenliggaam, Anti-D, bevat wat gebruik is om medikasie te vervaardig vir swanger moeders wie se bloed ‘n bedreiging vir hul ongebore babas inhou. Die bloeddiens van die Australiese Rooi Kruis sê hy het begin om sy bloedplasma te skenk toe hy 18 was en het dit tot op 81 elke twee weke gedoen.