Arabiese gom toenemend uit Soedan gesmokkel
Arabiese gom, ‘n noodsaaklike bestanddeel wat in alles van gaskoeldrank tot lekkers gebruik word, word toenemend uit rebellebeheerde gebiede van die oorloggeteisterde Soedan gesmokkel, wat Westerse maatskappye se pogings bemoeilik om hul voorsieningskettings teen die konflik te isoleer. Reuters berig Soedan produseer ongeveer 80 persent van die wêreld se arabiese gom, ‘n natuurlike stof wat van akasiabome geoes word. Sedert die oorlog begin het is die rou produk, wat slegs deur Soedanese handelaars bemark kan word in ruil vir ‘n fooi aan die Rapid Support Forces, sonder behoorlike sertifisering verkoop.