Afrika beveg klimaat-gevare al meer op natuurlike wyses

Afrika Suid van die Sahara aanvaar toenemend natuurlike oplossings om gevare weens klimaatverandering – soos droogtes – te bekamp. ‘n Verslag deur die Wêreldhulpbroninstituut, die Wêreldbank en die Afrika-Ontwikkelingsbank het sowat 300 projekte ontleed wat ten doel het om bedreigde woude, vleilande en koraalriwwe te beskerm. Ondanks 23-persent meer befondsing, bly beleggings steeds baie laer as die behoeftes. Die Groen-grys-infrastruktuurversneller is bekendgestel om nóg elf stede regoor die streek te ondersteun deur natuurlike oplossings met tradisionele infrastruktuur te integreer.