ActionSA vra wysiging dat parlement kabinetaanstellings moet goedkeur

ActionSA vra die parlementêre keuring van kabinetsaanstellings om meer aanspreeklikheid en deursigtigheid te verseker. Die party stel ‘n grondwetlike wysiging voor waarin van die parlement vereis word om alle kabinetsaanstellings wat die president gedoen het binne ‘n vasgestelde tydsraamwerk goed te keur. Athol Trollip van ActionSA glo hierdie stap sal help om korrupsie te bekamp en die aanstelling van kandidate te voorkom wat nie geskik is vir sleutel- regeringsposisies nie.