ACC beskuldig van dubbele standaarde, sloer met ondersoekeMarch 4, 2025

Die Katutura-inwonerskomitee kritiseer die Teenkorrupsie-kommissie se beweerde dubbele standaarde in sy hantering van korrupsiesake. Hulle verwys na vinnige inhegtenisnemings van sogenaamde “klein vissies” teenoor die stadige vordering met ondersoeke van hoëprofiel-aantygings. Die groep vra vir vinnige optrede oor RedForce-kontrakte, veral in Windhoek en Gobabis, waaroor hulle al ‘n petisie by die kommissie ingehandig het. Hulle is bekommerd oor moontlike peutering met bewyse. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Shaun Gariseb, die groep se segsman.