Vierdag-werksweek: Jongste stand van sake na proefnemingMarch 3, 2025
In Februarie verlede jaar is aangekondig dat Namibië die tweede Afrika-land sou word, en een van slegs ‘n paar wêreldwyd, om ‘n vierdaagse werkweek te toets. Die inisiatief het ten doel om innoverende maniere te ondersoek om die werk-lewe balans te verbeter, om die produktiwiteit en omset te verhoog, en ‘n meer volhoubare en inklusiewe werksomgewing te bevorder. Die program word gelei deur 4 Day Week Global in vennootskap met Jonas Ileka, wat Pulse HR Network Namibia verteenwoordig. Kosmos 94.1 Nuus het met Ileka vir ‘n opdatering van die proefneming.