Zelensky lek wonde in Brittanje

Ná die Amerikaanse president Donald Trump en sy ampsgenoot Volodymyr Zelensky se hitsige botsing Vrydag in die Withuis het die president van Oekraïne Saterdag die Britse eerste minister Keir Starmer ontmoet. Volgens berigte sal hy ook vandag met koning Charles vergader. Trump het Vrydag regstreeks op televisie gedreig om sy steun vir Oekraïne te onttrek. Brittanje is ‘n sterk ondersteuner van Oekraïne en koning Charles het sy steun vir Zelensky uitgespreek, met wat hy noem die “vasberadenheid en krag” van die mense van die land in die lig van ‘n onuitgelokte aanval deur Rusland.