Stormers klop Bulle op papnat Loftus
Die Stormers het Saterdagaand hul droom lewendig gehou om die Verenigde Rugby Kampioenskap se uitspeelronde te haal met ‘n 19-16-oorwinning oor die Bulle op ‘n deurweekte Loftus. Beide spanne het gesukkel in die nat toestande met net een verdoelde drie elk, terwl die res van die punte gekom het van strafskoppe. Die rustydtelling was 12-9 ten gunste van die besoekers. Vroeër het die Leeus die Haaie op Ellispark kafgedra met ‘n oortuigende 38-14 sege. Die gashere het ses drieë gedruk, met twee verdoelde drieë deur die span van Durban.