Raffinadery, aanleg vir Walvis beplan

Green Metals Refining Namibia beplan ‘n mangaanraffinadery en swaelsuuraanleg oos van Walvisbaai. Indien dié maatskappy omgewingsklaring kry, sal die raffinadery en aanleg in 2027 operasioneel wees. ‘n Omgewingsimpakstudie is tans aan die gang. Die projek se konstruksiefase sal sowat 500 werksgeleenthede skep, terwyl 250 werkers nodig sal wees sodra dit operasioneel is.