Paalspring: Duplantis verpletter eie wêreldrekord – wéér
Armand Duplantis het Vrydag met ‘n hoogte van 6,27 meter ‘n nuwe wêreldrekord in paalspring opgestel – die elfde keer dat hy dié rekord verbeter. Die 25-jarige Sweed wat in Amerika gebore is, het die nuwe rekord by die All Star Perche-byeenkoms in Frankryk opgestel. Sy vorige rekord was 6,26 meter. Duplantis het in 2020 die eerste keer die wêreldrekord verpletter.