Namibiese ekonomie kry hupstoot uit salm
‘n Nuwe projek beoog om aflandig in Namibië met salm te boer, onder leiding van ‘n groep Noorweegse viserybedryf-veterane. Daar is groot belangstelling in die projek onder beleggers in Noorweë, asook in Namibië, China en Suid-Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Clement Kaukuetu, die firma se president van Namibiese bedrywighede, oor die verwagte voordele vir die land se akwakultuursektor en ekonomie.