Maan wink vir Blue Ghost

Alles verloop klopdisselboom vir Firefly Aerospace van Texas in Amerika se onbemande ruimtetuig, Blue Ghost, om vandag op die maan te land. Nog net een ander private maatskappy kon dié prestasie behaal. Blue Ghost se missie is deel van die wêreld se nuwe maanresies. Nasa werk saam met private organisasies om die koste van sy Artemis-program te besnoei, ‘n projek wat beoog om weer mense maan toe te stuur.