Israel sny hulp aan Gaza af

Israel het alle humanitêre hulp na Gaza afgesny ná die eerste fase van ‘n ‘n skietstilstand verstryk het en geen ooreenstemming oor die verlenging darvan tussen die partye bereik kon word nie. Israel het ‘n voorstel van die gesant van die Amerikaanse president Donald Trump, Steve Witkoff, aanvaar vir ‘n tydelike skietstilstand in Gaza tydens Ramadan en die Pasga. Hamas het egter nog nie ingestem nie.