Groenes maak stem dik oor Oranje-kom
Die organisasies The Green Connection, Natural Justice en Masifundise verwerp die voorgestelde konsep-ondersoekverslag oor aflandige boorwerk vir olie en gas in die suidelike deel van die Diepwater-Oranje-kom aan die Weskus. Neville van Rooy van The Green Connection sê die projek skaad die land se onderneming om te werk aan die klimaatskrisis en ‘n billike energie-oordrag. Hy sê soos die openbare deelnameproses vir die projek ontvou, vra eko-geregtigheidorganisasies Suid-Afrikaners om besluitnemers aanspreeklik te hou.