Eskom spaar miljarde se diesel
Eskom sê sy dieselbesparing tot dusver vanjaar het 16,69 miljard rand bereik, wat 55,7 persent minder is as dieselfde tydperk verlede jaar. Daphne Mokwena van Eskom sê altesaam 3 610 megawatt sal Maandag voor die aand-piektyd weer ingevoer word om die netwerk te stabiliseer. Sy sê die gemiddelde onbeplande onderbrekings verlede week het toegeneem, maar het ‘n effense verbetering teenoor die ooreenstemmende tyd verlede jaar getoon.