Tutu-stigting bekommerd oor MIV-toelaes
Die Desmond Tutu-gesondheidstigting waarsku die permanente staking van USAid-toelaes in Suid-Afrika sal ernstige gevolge inhou vir die stryd teen MIV/Vigs. Die stigting se uitvoerende hoof, Linda-Gail Bekker, sê die verlies aan befondsing, insluitend van PEPFA, wat 5,5-miljoen mense met antiretrovirale behandeling ondersteun, bedreig kritieke dienste.