Spar op Aranos brand af
‘n Brand vroeg vanoggend het die Spar-winkel op Aranos heeltemal vernietig, het die polisie op Mariental bevestig. Die brand is deur die brandweer van Mariental en vrywilligers geblus. Die Tops-drankwinkel langs Spar het ongedeërd daarvan afgekom. Niemand is in die voorval beseer nie. Die omvang van die skade is nog nie bepaal nie en die polisie ondersoek die saak.