Pollard se terugkeer ‘n groot prestasie
Die Springbok-losskakel Handré Pollard se terugkeer na die Bulle word beskryf as ‘n reuse-prestasie vir die span se direkteur van rugby, Jake White. Die 30-jarige het Pretoria se aanbod aanvaar nadat sy kontrak met die Ierse span Leicester Tigers verstryk het, hoewel hy winsgewende aanbiedings uit Japan gekry het. Dit beteken die Bulle sal minstens ses Bok-agterspelers tot hulle beskikking hê as ander verkrygings bevestig word. Pollard se beroepsloopbaan het in 2013 in Pretoria begin en hy het tot 2017 vir die unie gespeel.