Hoë VSA-diplomaat in SA bedank

Die Amerikaanse diplomatieke hoof in Suid-Afrika, Dana Brown, het uit haar land se Departement van Buitelandse Sake bedank. News24 berig dit is onmiddellik van krag terwyl spanning toeneem tussen Pretoria en Washington oor Suid-Afrika se beleid. Brown het die posisie sedert Augustus verlede jaar beklee en was die ambassadeur se tweede-in-bevel. Die betrekkinge tussen die twee lande het ‘n algehele laagtepunt bereik nadat president Donald Trump uitvoerende bevele onderteken het om alle befondsing aan Suid-Afrika te staak en vlugteling-status vir Afrikaners toe te staan.