Drie nuwe gevalle van a-pokke in Gauteng

Die Gesondheidsdepartement het drie nuwe gevalle van a-pokke in Gauteng bevestig, wat die totaal in Suid-Afrika op 28 te staan bring sedert Mei verlede jaar. Een van die nuwe gevalle is ‘n 30-jarige man van Ekurhuleni wat onlangs na Uganda gereis het. Twee ander gevalle, ‘n 30-jarige man en ‘n 27-jarige vrou, is bevestig deur kontak-opsporing. Woordvoerder Foster Mohale sê aldrie sterk aan in afsondering. Hy vra waaksaamheid, en die publiek om higiëne voorop te stel en mediese hulp te kry as hulle simptome het.