Beurtkrag steeds opgeskort in buurland
Eskom sê beurtkrag is steeds opgeskort, gesteun deur ‘n bestendige kragstelsel en noodreserwes. Die woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die nutsmaatskappy hou ook by met die aanvul van noodreserwes ter voorbereiding vir die volgende sakeweek. Sy sê egter die opwekkingskapasiteit in die stelsel bly beperk terwyl Eskom steeds volhou met hoë vlakke van onderhoud, wat in Februarie gemiddeld meer as 7 000 megawatt bereik het.