Als gereed vir Nujoma-staatsbegrafnis
Die stigterspresident Sam Nujoma word vandag by Helde-akker ter ruste gelê. Sekuriteit is verskerp veral omdat daar baie BBP-teenwoordigheid sal wees. Kosmos 94.1 Nuus is op die toneel en het gesels met die hoof van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo, wat ‘n pluimpie het vir die Namibiese nasie se gedrag gedurende die rouperiode.
Die uitvoerende direkteur van die ministerie van internasionale betrekkinge, Penda Naanda, sê alles is gereed om tien-uur te begin.