Voorskrifpille by Hackman doodstoneel gevind
Die owerhede sê die omstandighede rondom die Oscar-bekroonde akteur, Gene Hackman en sy vrou, die klassieke pianis, Betsy Arakawa, se dood is verdag genoeg om ʼn deeglike ondersoek te regverdig. Die egpaar en hulle hond is Woensdag dood aangetref in hul huis in Nieu-Mexiko. ‘n Gaslek is moontlik uitgeskakel en voorskrif pille is op die toneel gevind. Santa Fe se polisiehoof, Adan Mendoza, sê hulle vermoed die egpaar is reeds ʼn geruime tyd dood: