Trek minimumloon-verhoging terug: Instituut vir Rasseverhoudinge
Die Instituut vir Rasseverhoudinge het ‘n aanmaningsbrief aan die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, gestuur waarin sy versoek word om die jongste nasionale minimumloonverhoging van 4,2-persent terug te trek, aangesien dit ongeldig is. Woordvoerder Gabriel Crouse sê die Wet op die Nasionale Minimumloon vereis dat alle ministeriële regulasies kragtens die wet eers in konsepvorm voorgestel moet word om die publiek 21 dae te gee om kommentaar te lewer.