Toeris beboet oor Rome se Trevi-fontein, en lewenslank verbied

 ‘n Nieu-Seelandse toeris is met byna 10 000 Namibiese dollar beboet en lewenslank verbied om die wêreldbekende Trevi-fontein in Rome, Italië, te besoek. Dit volg nadat hy en twee vriende besluit het om in die baken uit die Barok-era te spring. Die polisie sê drank was beslis betrokke. Die fontein is verlede jaar gedreineer om marmer te herstel wat afgebreek het weens die miljoene munte wat elke jaar ingegooi word. Diewe probeer gereeld om van die 30 miljoen Namibiese dollar se munte te steel wat elke jaar in die water gegooi word.