Seewier sal dalk moet instaan vir vis as kos

Oseane, wat altyd beskou is as onbeperk, is tans onder druk weens oorbevissing, aardverwarming en besoedeling. Dit is volgens ʼn marienebioloog aan die Universiteit van die Wes-Kaap, professor Gavin Maneveldt. Byna 90-persent van die wêreld se seevisvoorraad is volledig uitgeput of oorbevis. Maneveldt sê wetenskaplikes oorweeg ander voedsel- en energiebronne terwyl die wêreldbevolking na verwagting teen 2050 9,7-miljard sal bereik. Hy sê ‘n belowende oplossing is die onontdekte moontlikhede wat seewier bied.